Hierdie nuwe hoofstuk

Sharing is caring
INSTAGRAM
Twitter
Visit Us
Follow Me

Vandag mis ek my mense. Nie meer of minder as gister nie, maar vandag laat ek my gedagtes gaan. Dit fladder tussen herinneringe, staan stil by stukkies onthou en krap my emosies deurmekaar…

Twee jaar terug het ons avontuur begin; die nuwe hoofstuk in ons boek. Ek dink aan die realiteit van die vorige hoofstuk wat moes eindig voor die een kon begin. Was dit dalk die begin van ’n nuwe boek en nie net ’n hoofstuk nie? In ’n nuwe tydsone, op ’n eiland ver weg van alles, ’n nuwe ek?

As ek deur my laaste twee jaar se bladsye moet blaai gaan ek verby die onseker en verlange spring na die nuwe geleenthede en seën. Ek sal stilstaan by die prente waar die seuns sorgeloos in die parke rondhardloop of op die strand baljaar; vryf oor die gesigte op die foon as ons videocall en saam koffie drink in my drome.

Ek sê dankie vir die groei en genade in hierdie eerste hoofstukke van die nuwe boek, vir geleenthede waarvan ander nog net droom. Die laaste twee jaar was nie altyd maklik nie, maar dit was goed. Verlange is deel van ons nuwe verhaal. Ons onthou en huil, maar blaai dan om, skep moed en gaan aan. Ons dink aan soveel gesinne wat post-Covid oor kontinente opgedeel is en sê dankie dat ons gesin bymekaar is.

Daar is nog baie hoofstukke in hierdie nuwe boek, oop bladsye wat geduldig wag vir die skryf van die storie. In elke goeie boek is daar intrige en konflik, ’n stryd om te oorwin.

Wat ’n voorreg het ons om die pen te kan vat en self te besluit hoe ons die uitdagings van die lewe gaan aanvat terwyl ons ons eie storie neerpen.

Hoe lyk jou hoofstuk waarmee jy besig is?

STRESSED?
Get our FREE 7 Day Stress-Less Challenge when you subscribe to our newsletter!
I agree to have my personal information transfered to MailChimp ( more information )
We respect your privacy. Your email address will not be sold or shared with anyone else.
Powered by Optin Forms
Sharing is caring
INSTAGRAM
Twitter
Visit Us
Follow Me

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

CommentLuv badge

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.