Voordele van my kinders se kleuterskool

Sharing is caring
Facebook
Facebook
Pinterest
Pinterest
INSTAGRAM
GOOGLE
http://www.mommakingmemories.com/voordele-van-kinders-se-kleuterskool/

Voordele van my kinders se kleuterskool. www.mommakingmemories.comAltwee my seuns het op vier en ‘n half maande begin om kleuterskool toe te gaan. Ek moes teruggaan werk toe en om verskeie redes het ons teen ‘n oppasser by die huis besluit.

Nadele

Ons almal weet van al die nadele van ‘n kleuterskool, veral die konsentrasie van kieme in een plek. In Klein Kaptein eerste sewe maande in die kleuterskool het hy drie keer mangelontsteking gehad, twee keer oor infeksie, asook longontsteking en baba masels.

Elke keer as ek hom pediater toe gevat het, het hy maar net geglimlag en gesê: “As jy wil hê jou kinders moet nie siek word nie moet jy hulle nie skool toe stuur nie”, en dan ‘n voorskrif uitgeskryf.

Voordele

Aangesien ons geen ander keuse het as om hulle kleuterskool toe te neem nie, het ek besluit om na die positiewe dinge in die situasie te soek, niks is immers net sleg nie!

Hier is my lys voordele van my kinders se kleuterskool:
  1. Sosialisering met ander babas (en kinders as hulle groter is). Die eerste keer wat ons vriende oorgehad het toe Klein Kaptein paar maande oud was, was dit lekker om te sien hoe die babas met mekaar probeer kommunikeer; vir mekaar kyk en aan mekaar se hande raak.
  2. Goeie stimulasie. Korrekte stimulasie is baie belangrik vir die kleuterskool wat ons gekies het. Hulle het baba-massering vir die babas en buitemuurse aktiwiteite as die kinders bietjie ouer is.
  3. Moedersdag geskenk. Ek het ‘n moedersdag geskenk by die kleuterskool gekry. Ek weet die pappas moes geld in ‘n koevertjie stuur, maar ek het dit nogsteeds geniet.
  4. Vadersdag geskenk. Ja, ons het weer daarvoor betaal, maar dit was ‘n spesiale verrassing vir pappa gewees.
  5. Verjaardag kroon. Ek weet ek kan self ‘n gekleurde kroon vir my kinders maak op hulle verjaardag, maar die juffrouens sit baie moeite in om die kinders se verjaardag vir hulle spesiaal te maak. Toe Klein Kaptein twee geword het, was hy so trots met sy kroon en al die maatjies wat om hom kloek.
  6. Verskeidenheid speelgoed en toerusting. Die kleuterskool het ‘n groter verskeidenheid speelgoed en toerusting beskikbaar as wat ek by die huis het. Vier keer ‘n jaar word daar aan die speelgoed aangevul en die kinders geniet dit.
  7. Gebalanseerde maaltye. Die kinders se maaltye word by die kleuterskool voorberei om te verseker dat die kinders gesonde, gebalanseerde kos kry.
  8. Immuunstelsel. Alhoewel die kinders aan meer kieme op ‘n jonger ouderdom blootgestel word, glo ek dat die immuunstelsel sterker raak elke keer. AlhoewelKlein Kaptein baie siek was in sy eerste jaar, het hy skaars ‘n loopneus gehad in sy tweede jaar.

As ons dit kon bekostig sou my eerste keuse waarskynlik wees om self na my kinders te kyk en dalk tuisonderrig as hulle groter is, maar ons moet positief wees en die goeie dinge raaksien. Natuurlik is dit vir my moeilik om Nommer Een soggens af te laai, maar as ek kyk hoe gelukkig Klein Kaptein is laat dit my beter voel. Hy sien elke dag uit om met sy maatjies te speel en saam te leer. Hy wil ook nie altyd dadelik huis toe kom as ek hom oplaai nie.

Is jy ‘n werkende mamma of kyk jy self na jou kinders? Sou jy dit anders wou gehad het as jy kon?

As jy in kontak wil bly skryf in vir ons nuusbrief, of volg ons op Facebook, Pinterest of Instagram.

STRESSED?
Get our FREE 7 Day Stress-Less Challenge when you subscribe to our newsletter!
I agree to have my personal information transfered to MailChimp ( more information )
We respect your privacy. Your email address will not be sold or shared with anyone else.
Powered by Optin Forms
Sharing is caring
Facebook
Facebook
Pinterest
Pinterest
INSTAGRAM
GOOGLE
http://www.mommakingmemories.com/voordele-van-kinders-se-kleuterskool/

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

CommentLuv badge

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.