Tyd

Sharing is caring
Facebook
Facebook
Pinterest
Pinterest
INSTAGRAM
GOOGLE
http://www.mommakingmemories.com/tyd/

TydDie eerste maand van 2018 is al verby en ek wonder weer waar die tyd heengaan. Ek het nooit voorheen die tempo daarvan besef voor ek kinders gehad het nie. Maande het gekom en gegaan en daar was nie veel verskil van jaar tot jaar nie.

Ek moet  werk en ek moet slaap (baie belangrik) en tussendeur is daar kos maak en eet ook. En dan kom daar tyd vir die seuns, tuinmaak (ek het met ‘n mini-groentetuin begin… eintlik net tamaties en murgpampoentjies, en van my kruietuin het net basilie opgekom), oefen, Bybel lees en na dit alles my stokperdjies. Familie en vriende is ook natuurlik belangrik en mens moet tyd vir hulle ook afstaan.

Ek weet dis nie ‘n geïsoleerde probleem nie, maar dat meeste mense voel die tyd is te min en die lewe is te gejaag.

Terwyl ons kla dat die tyd te vinnig verby  gaan wonder ek hoeveel tyd ons bestee om die tyd om te wens. Nog net drie dae tot die naweek… As my kinders net uit die doeke uit is… As die eksamen net eers verby is…  En as die een week verby is begin die volgende een maar net weer. Dieselfde siklus terwyl die seisoene wissel en die jare verby gaan.

Dan besef ek weer dat ons elkeen ewe veel tyd gekry het… 24 ure in elke dag, en dat daar nie verniet gesê word dat as jy iets gedoen wil hê jy dit vir die besigste persoon moet gee om te doen nie.

Die Woord sê ons moet die tyd uitkoop. Hoe beplan ek my tyd beter? Ek het nie die antwoorde nie en poog om my beplanning op te skerp met ‘n kalender, nuwe dagboek en heelwat lysies.

Wat is jou geheim om jou tyd meer te maak en die sekondes bietjie te laat stilstaan? Vertel my.

As jy in kontak wil bly skryf in vir ons nuusbrief, of volg ons op Facebook, Pinterest of Instagram.

 

STRESSED?
Get our FREE 7 Day Stress-Less Challenge when you subscribe to our newsletter!
I agree to have my personal information transfered to MailChimp ( more information )
We respect your privacy. Your email address will not be sold or shared with anyone else.
Powered by Optin Forms
Sharing is caring
Facebook
Facebook
Pinterest
Pinterest
INSTAGRAM
GOOGLE
http://www.mommakingmemories.com/tyd/

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

CommentLuv badge

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.