Ontmoet my seuns – Klein Kaptein en sy Nommer Een

Sharing is caring
Facebook
Facebook
Pinterest
Pinterest
INSTAGRAM
GOOGLE
http://www.mommakingmemories.com/ontmoet-seuns-klein-kaptein-en-sy-nommer-een/

Ontmoet my seuns, my Klein Kaptein en sy Nommer Een. www.mommakingmemories.comDaar is soveel verskillende opinies oor hoe ver jy jou privaatheid moet beskerm op die internet en sosiale media… veral as jy blog en mense van jou lewe (en die mense in jou lewe) wil vertel. Om daardie rede het ek besluit om skuilname vir my seuns te kry.

Dit sou natuurlik makliker wees as ek ‘n seun en dogter gehad het;aangesien hulle pa ‘n groot wetenskap-fiksie aanhanger is kon ek hulle dan Luke en Leia noem!

So gepraat van hulle pa – kom ons noem hom sommer Spock (jip… weereens groot aanhanger van Star Trek). Toe ons getroud is het Spock my deur sy wetenskap-fiksie versameling laat kyk om my bietjie te kultiveer en deel te maak van sy wêreld… seker ook dat ek die gesprekke tussen hom en sy vriende beter kan verstaan. Julle sal dan ook verstaan hoe trots hy op my was toe ek een van sy vriende tydens een van hierdie gesprekke kon reghelp met ‘n tegniese feit oor ‘n Vulcan en Romulan.

Ons het eers met Back to the Future begin. Dit is goeie flieks om as familie saam te kyk, maar ek het dit nooit gekyk nie omdat die naam te veel na wetenskap-fiksie gelyk het (die ironie lê natuurlike daarin dat dit die minste wetenskap-fiksie is van al die goed wat ek moes kyk!). Die Terminator flieks het gevolg (jip, nog ‘n reis deur tyd… sug) en later ook die Sarah Connor Chronicles. Mens kan nie Star Wars uitlaat nie en ek moes al ses in die korrekte volgorde kyk… alhoewel ek eers onlangs die storielyn (vir die eerste keer) verstaan het toe Spock my geheue moes verfris voor ons ‘n nuwe fliek gaan kyk het. Laastens was die Star Trek reeks, eers Enterprise, gevolg deur The Original Series, The Next Generation, Voyager en ook al die flieks. Ek het eintlik Star Trek geniet (moenie vir Spock sê nie asseblief). ‘n Ander reeks wat ek geniet het was Farscape.

Ontmoet Klein Kaptein en sy Nommer Een

Terug by my punt. Nadat ek lank gewonder het oor skuilname vir my seuns het ek besluit op Klein Kaptein en sy Nommer Een. Dis ‘n verwysing na die Kaptein en Number One in Star Trek: The Next Generation; want hulle is ons volgende geslag.

Klein Kaptein

So Klein Kaptein is nou 2 jaar en 8 maande oud. Hy is besig en geniet dit om nuwe dinge te ontdek. Dis ook die ouderdom waarop hy vir my “nee” sê as hy iets nie wil doen nie (gelukkig nie altyd nie) en begin sy grense en my geduld toets. Hy het ‘n sterk wil en sy eie manier om dinge te sien, hou baie daarvan om ons te help, gee om vir ander en lag altyd. Hy het ook ‘n sensitiewe hart en hou nie daarvan as iemand seerkry nie. En hy is baie lief vir sy klein boetie.

Nommer Een

Nommer Een is nou 4 maande oud. Op hierdie oomblik glimlag hy baie, eet, speel, slaap en huil. Dis omtrent al waaruit sy lewe bestaan. Ek weet hy gaan nog baie by sy ouboet leer en saam gaan hulle nog baie speel en kattekwaad aanvang.

Dit is my seuns, my hartkop en die dryfkrag agter baie besluite. Ek wil graag my familie met julle deel, maar met vandag se tegnologie weet ek nie wat die korrekte balans is tussen privaatheid en om alles te deel nie. Ek wens my seuns kon van die toekoms af terugkom en vir my vertel wat hulle alles gedeel wil hê. Jy sal nog in vele artikels lees van die avonture van my Klein Kaptein en sy Nommer Een.

Wat is jou gedagtes rondom privaatheid en sosiale media?

As jy in kontak wil bly skryf in vir ons nuusbrief, of volg ons op Facebook, Pinterest of Instagram.

 

STRESSED?
Get our FREE 7 Day Stress-Less Challenge when you subscribe to our newsletter!
We respect your privacy. Your email address will not be sold or shared with anyone else.
Powered by Optin Forms
Sharing is caring
Facebook
Facebook
Pinterest
Pinterest
INSTAGRAM
GOOGLE
http://www.mommakingmemories.com/ontmoet-seuns-klein-kaptein-en-sy-nommer-een/

One thought on “Ontmoet my seuns – Klein Kaptein en sy Nommer Een

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

CommentLuv badge