Ons avontuur

Sharing is caring

AvontuurOns avontuur het begin lank voor ons op die vliegtuig geklim het. Dalk was die drome om veilig in ‘n klein dorpie te bly in ons harte nog voor die besluit geneem is. Elke persoon se besluit is anders en so ook ons redes. Party mense verstaan, maar ander oordeel. Dis okay. Ons is elkeen besig om ons eie lewe te leef en sal eendag die vrugte van ons besluite eet.

Hierdie is ons avontuur; ons nuwe begin. Ons is 11808km weg van alles wat ons geken het en het moontlik al 11808 trane gestort vir almal vir wie ons lief is wat agtergebly het.

Die lug is skoon, die natuur is asemrowend en die gras groen. Daar is niemand wat ons inkopie trollies wil terugstoot of parkering aanwys nie. Ons gooi self petrol in en lui ons eie inkopies op en betaal. Mense vertrou mekaar.

Die weer is koud en nat. My wange dikwels ook. Alles is vreemd en ek mis my mense.

Die kinders hardloop veilig buite rond. Ons stap elke dag park toe. Padreëls word gehoorsaam. Vreemde mense ry meubels en kos aan.

Dis ‘n vreemde lewe; oop en vry, en dalk weerloos sonder ons heinings. Ons pas nog aan. Dis nog ‘n alleen-lewe. ‘n Ontmoeting met iemand kan nie vriendskappe oor dekades vervang nie, maar gelukkig is daar tegnologie om die afstand tussen verskillende tydsones korter te maak.

Party dae is moeilik, maar ek twyfel nie oor ons besluit nie. Vir ons was dit ‘n saak van gebed, en al die deure het oopgegaan. Vinnig. Ons is in ‘n tyd en plek waar ons weer kan droom en enige iets moontlik is. Ek ervaar dat die paaie voor ons gelyk gemaak is en is opgewonde om te sien wat die toekoms inhou.

nuwe begin

As jy in kontak wil bly skryf in vir ons nuusbrief, of volg ons op FacebookPinterestof Instagram.
STRESSED?
Get our FREE 7 Day Stress-Less Challenge when you subscribe to our newsletter!
I agree to have my personal information transfered to MailChimp ( more information )
We respect your privacy. Your email address will not be sold or shared with anyone else.
Powered by Optin Forms
Sharing is caring

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

CommentLuv badge

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.