Om te skryf

Sharing is caring
Facebook
Facebook
Pinterest
Pinterest
INSTAGRAM
GOOGLE
http://www.mommakingmemories.com/om-te-skryf/

Om te skryf.

Die aanvanklike titel was “om te skryf of te stop?” Hierdie is ‘n stuk wat ek paar maande terug geskryf het toe ek besef het dat alles wat ek moet doen nie in my kalender inpas nie. Soos jy kan aflei het ek my besluit geneem… jy lees immers ʼn artikel wat ek geskryf het!
“Vandag is ek in ʼn tweestryd. Ek is baie lief vir lees en skryf; woorde was nog altyd deel van my lewe, maar vandag wonder ek of dit die tyd werd is.

Ek werk voltyds en my twee seuns is baie bedrywig (soos dit hoort). Dan is daar ander mense wat ook vir my belangrik is vir wie ek wil tyd maak… my man, familie, vriende, en natuurlik ook vir myself.

Hierdie blog is alles waarvoor ek gehoop het en nog meer. Ek het mense ontmoet wat my inspireer en by groepe ingeskakel wat mekaar bemoedig. Ek wens net ek het meer tyd gehad. As mens te veel balle in die lug het is die kans goed dat jy een gaan laat val.

Ek wil my tyd reg belê en nie my kinders mis terwyl ek voor die rekenaar sit as ek na ʼn dag se werk tuiskom nie. Die skryf-deel is maklik. Ek doen dit enige plek op my foon, maar ek het 6 weke se artikels vooruit geskryf waarvoor ek nie tyd het om te redigeer, foto’s te neem en alles bymekaar te sit op die blog nie. Nadat dit op is begin die sosiale media (waarmee ek ook al 6 weke agter is).

Is die gejaag die moeite werd of is dit tyd om stil te raak en net die oomblik (en my kinders) te geniet? Om tevrede te wees en die skryf-droom bietjie terug skuif tot mens weer kan asemhaal? Moet mens stop voor die eerste bal val of is dit juis die eerste bal wat val as ek stop?”

Ek het amper vier maande terug ʼn blog geplaas, maar in my hart is ek rustig. Ek is nogsteeds lief vir skryf en het nie baie tyd nie, maar ek gaan my mense geniet en skryf wanneer ek tyd kry. Vir nou is dit genoeg vir my.

Hoe maak jy tyd vir alles wat jy moet doen? Het jy ‘n stokperdjie wat agterwee bly in daaglike gejaag?

As jy in kontak wil bly skryf in vir ons nuusbrief, of volg ons op Facebook, Pinterest of Instagram.

STRESSED?
Get our FREE 7 Day Stress-Less Challenge when you subscribe to our newsletter!
We respect your privacy. Your email address will not be sold or shared with anyone else.
Powered by Optin Forms
Sharing is caring
Facebook
Facebook
Pinterest
Pinterest
INSTAGRAM
GOOGLE
http://www.mommakingmemories.com/om-te-skryf/

2 thoughts on “Om te skryf

  1. Ek dink baie mense kan aanklank vind by jou frustrasie. Ek’s so bly jy’t besluit om nie op te hou skryf nie. Wat maak dit saak of jy soms ‘n bal laat val? Tel hom maar net weer op en juggle verder. As jy nie foute maak nie beteken dit net jy probeer nie hard genoeg nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

CommentLuv badge