Category Archives: Ietsie van Alles

Ons avontuur

AvontuurOns avontuur het begin lank voor ons op die vliegtuig geklim het. Dalk was die drome om veilig in ‘n klein dorpie te bly in ons harte nog voor die besluit geneem is. Elke persoon se besluit is anders en so ook ons redes. Party mense verstaan, maar ander oordeel. Dis okay. Ons is elkeen besig om ons eie lewe te leef en sal eendag die vrugte van ons besluite eet. Continue reading Ons avontuur

Om te skryf

Om te skryf.

Die aanvanklike titel was “om te skryf of te stop?” Hierdie is ‘n stuk wat ek paar maande terug geskryf het toe ek besef het dat alles wat ek moet doen nie in my kalender inpas nie. Soos jy kan aflei het ek my besluit geneem… jy lees immers ʼn artikel wat ek geskryf het! Continue reading Om te skryf

10 Interessante feite oor papegaaie

10 Interessante feite oor papegaaie. www.mommakingmemories.com

Ons het buite gesit een Vrydag middag to Klein Kaptein skielik sê “papegaai”. Okay, dit het dalk eerder geklink soos “pappa-taai” so ons het nie dadelik geweet waarvan hy praat nie… totdat die groen ringnek onder die stoep se dak invlieg. Die hond het die groen voël natuurlik dadelik met sy geblaf weggejaag, maar nadat ons die hond kon kalmeer het die papegaai teruggekom, op Spock (my man) kom sit en kos uit sy hand uit begin eet.
Continue reading 10 Interessante feite oor papegaaie

10 Voordele van Suid-Afrika

10 Voordele van Suid-Afrika. www.mommakingmemories.com

Dit is so maklik in vandag se lewe om oor alles te kla. Ek stem saam dat ons soms moet realisties wees en na die feite kyk, veral as mens kyk na al die misdaad en korrupsie wat in ons land aangaan. Daar is egter ook ‘n tyd om stil te raak en die positiewe punte raak te sien.
Continue reading 10 Voordele van Suid-Afrika