Category Archives: Afrikaanse hoekie

Ontmoet my seuns – Klein Kaptein en sy Nommer Een

Ontmoet my seuns, my Klein Kaptein en sy Nommer Een. www.mommakingmemories.comDaar is soveel verskillende opinies oor hoe ver jy jou privaatheid moet beskerm op die internet en sosiale media… veral as jy blog en mense van jou lewe (en die mense in jou lewe) wil vertel. Om daardie rede het ek besluit om skuilname vir my seuns te kry. Continue reading Ontmoet my seuns – Klein Kaptein en sy Nommer Een

Welkom by Mom Making Memories in Afrikaans

Welkom in Afrikaans

Welkom by Mom Making Memories… in Afrikaans. Ek wonder die afgelope weke oor ʼn tweetalige blog. Daar is maar net ʼn ander manier om dinge in Afrikaans uit te druk, dus het ek besluit om ‘n Afrikaanse kategorie by te voeg.

Wie is ek?

My naam is Rolene en ek is ‘n werkende mamma met 2 pragtige seuntjies. Ek skryf graag oor ma-wees, geloof en ons daaglikse ervarings.

Hoekom Mom Making Memories?

Die lewe is bitter gejaagd en mens kom nie altyd by alles uit nie. Ek glo elke persoon het ʼn stukkie van die lewe se legkaart en deur dit met mekaar te deel kry ons ʼn groter prentjie.

My visie vir die blog is om met ander mammas kontak te maak en mekaar te ondersteun; om hoop te bring in ‘n besige (en soms deurmekaar) wêreld en terwyl ons dit alles oorleef… die lewe te geniet en nuwe herinneringe te maak.

Wat sal jy vind op Mom Making Memories?

Stories uit ons daaglikse lewe, algemene gedagtes en dalk selfs gedigte… alles in my moedertaal!

Hoekom Afrikaans?

Want Afrikaans is lekker!

 

Ek sien uit om van jou te hoor.

Kontak my by mommakingmemories@gmail.com en stel jouself voor. Waarvan wil jy meer lees?

Kry ‘n koppie koffie, sit terug en geniet jou kuiertjie by ons!