25 Dinge waarvoor ek dankbaar is

Sharing is caring
Facebook
Facebook
Pinterest
Pinterest
INSTAGRAM
GOOGLE
http://www.mommakingmemories.com/25-dinge-waarvoor-ek-dankbaar/

25 dinge waarvoor ek dankbaar is. www.mommakingmemories.comDaar is baie dinge om voor dankbaar te wees, maar soms maak ons nie tyd om daaraan te dink nie. Ons spandeer eerder die tyd om onnodig te kla oor dit wat ons nie het nie. Daarom het ek besluit om hierdie stuk te skryf… my dankbaarheidslys.

Ek wil vir ‘n oomblik stil word en dink aan alles wat ek het; en ek wil God dank daarvoor. Dankbaarheid is nie net ‘n sterk emosie nie, maar ook ‘n Bybelse beginsel. Paulus skryf immers op verskeie plekke dat ons in alles moet dankbaar wees. Ek het grootgeword in ‘n kerk waar die dominee altyd gesê het ons moet ‘n dankbaarheidslewe lei. Die klem was op alles wat God vir ons gedoen het, maar ek glo daar is soveel ander dinge waarvoor ons ook kan dankbaar wees.

Ek glo daar is krag in ons gedagtes, en dat dit ons woorde en aksies word met verloop van tyd.

Hier is 25 dinge waarvoor ek dankbaar is

  1. God. Ek glo Hy het alles gemaak en dat alles wat goed is van Hom af kom. Sy grootheid is onverstaanbaar en sy genade onverklaarbaar. Sonder Hom is ek niks en kan ek niks doen nie.
  2. Om te lewe. Laas jaar was ek 19 dae in ICU terwyl ek met Nommer Een swanger was. Ek was ‘n totaal van 29 dae in die hospitaal en het dit slegs deur God se genade oorleef.
  3. My man. Met hom aan my sy sien ek kans vir enige draaie wat die lewe vir ons gee.
  4. My 2 seuns. Hulle is waarlik my 2 grootste seëninge.
  5. Familie. Dit sluit in my gesin, skoonfamilie en groter familie. Ons familie is baie naby aan mekaar en ondersteun en help mekaar waar ons kan.
  6. Vriende. Hulle sê as mens vir langer as 7 jaar met iemand vriende is word hulle familie. Ek is baie dankbaar vir hierdie tweede familie van my.
  7. Ons besittings. Ek kon hierdie een dalk opdeel in huis, kar, klere, ens… maar die moontlikheid bestaan dat ek iets sou uitlos. Alhoewel al ons besittings nie die beste of nuutste is nie, is dit ons sin en is ek dankbaar daarvoor.
  8. Kos. Om elke dag te kan eet is nog ‘n voorreg wat nie vir almal beskore is nie.
  9. My werk. Ek weet ek kla baie oor my werk, maar niks is net sleg nie. Behalwe vir ‘n vaste maandelikse salaris wat ek kry, werk ek saam met ‘n ongelooflike span mense. Dit gee my ook die geleentheid om ‘n verskil in iemand anders se lewe te kan maak.
  10. Naweke. Alhoewel ek voel hulle is heeltemal te kort, is ek dankbaar vir 2 dae elke week weg van die werk af. Die weke is so gejaagd, so hierdie is die tyd wat ons saam met familie en vriende spandeer… of net as gesin rustig by die huis is.
  11. Gesondheid. Ek besef dit gaan hand-aan-hand met nommer 2, maar ek wil dit steeds graag apart noem.
  12. Kommunikasie. Om te kan kommunikeer en mekaar te verstaan is nog ‘n voorreg waarvoor ek dankbaar is.
  13. Sintuie. Ek kan hierdie ook opdeel in die vyf individuele sintuie: sig, gehoor, reuk, smaak en gevoel.
  14. Troeteldiere. Ek kan al die diere hier insluit. Om tyd met my hond te spandeer maak my rustig.
  15. Natuur. Dink aan bosveld, see, woude, sonsondergange… ek dink nie dis nodig om nog uit te brei nie.
  16. Sonskyn. As mens na ander lande se klimaat kyk is ek baie dankbaar vir ons sonskyn elke dag in Suid-Afrika.
  17. Vermaak. Hier dink ek aan musiek, flieks en boeke. Ek het besluit om hierdie sommer bymekaar te sit om nie 25 dinge op my lys te oorskry nie.
  18. Herinneringe. Ek is dankbaar om herinneringe te kan maak en dit weer te onthou.
  19. Geleenthede. Die geleentheid waarvoor ek die dankbaarste is op die oomblik is om hierdie blog te skryf. Ek geniet dit om te skryf, foto’s te neem en dit alles bymekaar te sit.
  20. Foute. Daar is waarde daarin om foute te kan maak en daaruit te leer.
  21. Vryheid van spraak.
  22. Vryheid van geloof. As mens luister na die uitdaging wat Christene in sommige lande ervaar is ek baie dankbaar om my Bybel enige plek te kan lees.
  23. Om te lag en die lewe te geniet. Hulle sê lag is die beste medisyne.
  24. Slaap. Met ons 2 seuns kry ons nie soveel slaap in soos wat ons sou wou nie, maar ek is dankbaar vir elke uur wat ons inkry.
  25. Vir jou… die leser van my blog. Ek is dankbaar dat jy die tyd neem om ‘n stukkie van my lewe te deel.

Terwyl ek nou die dag rondry kom die gedagte by my op dat ek regtig gelukkig is met my lewe… elke op en af en alles tussenin. Daar is nog baie dinge wat ek kan byvoeg op my lys (as ek vinnig dink, dink ek eerste aan sjokelade… hoe kon ek dit mis?), maar ek wil die lys kort hou.

Waarvoor is jy dankbaar? Wat sal jy by my lys voeg of wegvat?

As jy in kontak wil bly skryf in vir ons nuusbrief, of volg ons op Facebook, Pinterest of Instagram.

Dinge waarvoor ek dankbaar is. www.mommakingmemories.com
STRESSED?
Get our FREE 7 Day Stress-Less Challenge when you subscribe to our newsletter!
We respect your privacy. Your email address will not be sold or shared with anyone else.
Powered by Optin Forms
Sharing is caring
Facebook
Facebook
Pinterest
Pinterest
INSTAGRAM
GOOGLE
http://www.mommakingmemories.com/25-dinge-waarvoor-ek-dankbaar/

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

CommentLuv badge