10 Voordele van Suid-Afrika

Sharing is caring
Facebook
Facebook
Pinterest
Pinterest
INSTAGRAM
GOOGLE
http://www.mommakingmemories.com/10-voordele-van-suid-afrika/

10 Voordele van Suid-Afrika. www.mommakingmemories.com

Dit is so maklik in vandag se lewe om oor alles te kla. Ek stem saam dat ons soms moet realisties wees en na die feite kyk, veral as mens kyk na al die misdaad en korrupsie wat in ons land aangaan. Daar is egter ook ‘n tyd om stil te raak en die positiewe punte raak te sien.

Hier is my lys van 10 voordele van Suid-Afrika:
  1. Suid-Afrika is ‘n pragtige land. Mens kan nie werklik die skoonheid van die land met woorde beskryf nie; al wat jy nodig het is ‘n reis deur die land om die wonder van die natuur te beleef. ‘n Ongelooflike sonsopkoms en -ondergaan is nie beperk tot die strand nie, maar kan elke dag aanskou word waar jy is… in enige kombinasie van pers, pienk, rooi, oranje en geel. Op ‘n donker, wolklose nag kan jy miljoene sterre sien.
  2. Diversiteit van ekosisteme, diere en plante. Ons land bied woestyne, woude, berge en oseane wat verskeie spesies voëls, soogdiere, visse en insekte huisves.
  3. Suid-Afrika is kultuurryk. Ek glo elke kultuur in ons land voeg kleur tot die land se doek by. Ons het soveel om by mekaar te leer.
  4. Sonskyn elke dag. Ek kan glad nie oor die weer in Suid-Afrika kla nie, behalwe dalk in ‘n hittegolf in Desember.
  5. Biltong en braai. Geen verduideliking is verder hier nodig nie.
  6. Goeie vriende. Kan mens dan braai sonder goeie vriende?
  7. Familie. Hulle sê jou huis is waar jou hart is, maar my hart is by my familie. Hulle is my ondersteuningsraamwerk waar ons mekaar kan bemoedig en ondersteun, my veilige plek waar ek net kan wees en asem skep.
  8. Vryheid van spraak. …op die oomblik altans.
  9. Vryheid van godsdiens. Dis is vir my belangrik om my Bybel te kan lees en God te kan aanbid sonder vrees en vervolging.
  10. Hoop. Ek wil graag afeindig en sê dat daar altyd hoop is… hoop vir vrede en ‘n toekoms vir ons kinders.
Dit is my lys met voordele van Suid-Afrika. Wat wil jy byvoeg by my lys?

As jy in kontak wil bly skryf in vir ons nuusbrief, of volg ons op Facebook, Pinterest of Instagram.

STRESSED?
Get our FREE 7 Day Stress-Less Challenge when you subscribe to our newsletter!
We respect your privacy. Your email address will not be sold or shared with anyone else.
Powered by Optin Forms
Sharing is caring
Facebook
Facebook
Pinterest
Pinterest
INSTAGRAM
GOOGLE
http://www.mommakingmemories.com/10-voordele-van-suid-afrika/

One thought on “10 Voordele van Suid-Afrika

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

CommentLuv badge