10 Interessante feite oor papegaaie

Sharing is caring
Facebook
Facebook
Pinterest
Pinterest
INSTAGRAM
GOOGLE
http://www.mommakingmemories.com/10-interessante-feite-oor-papegaaie/

10 Interessante feite oor papegaaie. www.mommakingmemories.com

Ons het buite gesit een Vrydag middag to Klein Kaptein skielik sê “papegaai”. Okay, dit het dalk eerder geklink soos “pappa-taai” so ons het nie dadelik geweet waarvan hy praat nie… totdat die groen ringnek onder die stoep se dak invlieg. Die hond het die groen voël natuurlik dadelik met sy geblaf weggejaag, maar nadat ons die hond kon kalmeer het die papegaai teruggekom, op Spock (my man) kom sit en kos uit sy hand uit begin eet.

‘n Paar minute later het my ma my gebel, en toe ek haar vertel van die papegaai en dat ons nie die eienaars kry nie, het sy my broer gestuur om ‘n hok te bring wat hulle eenkeer vir ‘n papegaai gebruik het.

Spock het al die bure gekontak om te hoor of iemand ‘n papegaai vermis. Hy het ook die naaste troeteldierwinkel en veearte in die area gebel en ons inligting gegee indien iemand by hulle navrae het oor ‘n verlore papegaai. Die troeteldierwinkel se eienaar het net geantwoord dat sy visse nie kan wegvlieg nie, aangesien hy nou net visse verkoop en nie meer papegaaie nie. Ek het op verskeie Facebook-groepe geadverteer dat ons ‘n verlore papegaai gevind het, maar kon nie die eienaar opspoor nie. Daar het een vrou na die papegaai kom kyk om vas te stel of dit hulle sin is wat 5 maande tevore weggevlieg het, maar helaas nie. Na 2 weke het ons besluit om Pollie deel van die familie te maak.

Vandag wil ek graag met julle 10 interessante dinge deel wat ons van papegaaie geleer het.

  1. Daar is meer as 350 verskillende soorte papegaaie in die wêreld.
  2. Papegaaie is pragtig en kan in die helderste kleure voorkom, alhoewel sommige spesies net wit of grys is.
  3. Hulle kan groot lawaai maak as hulle wil. Probeer ‘n baba aan die slaap kry terwyl die hond en papegaai met mekaar probeer kommunikeer!
  4. Papegaaie is vreeslik intelligent en kan geluide naboots of leer praat.
  5. Volgens ons plaaslike veearts het appels blykbaar geen voedingswaarde vir papegaaie nie; gee eerder geel en oranje vrugte en groente soos wortels, perskes, mangoes, pampoen ens. Sommige papegaaie is omnivore en kan vleis ook eet.
  6. Dis blykbaar beter om net een vlerk te knip sodat hulle van balans af is en nie kan wegvlieg nie.
  7. Papegaaie het baie goeie sig… dalk is dit van al die wortels wat hulle eet?
  8. Party spesies het ‘n baie lang lewenspan en kan hulle eienaars oorleef.
  9. Om as ‘n papegaai geklassifiseer te wees moet die voëls ‘n krom bek en vier tone aand elke poot hê, 2 tone wys vorentoe en 2 wys agtertoe.
  10. Papegaaie gebruik hulle pote om kos vas te hou terwyl hulle eet.

Wat ‘n interessante troeteldier!

Watter interessante feite kan jy byvoeg? Vertel my van jou troeteldier.

As jy in kontak wil bly skryf in vir ons nuusbrief, of volg ons op Facebook, Pinterest of Instagram.

STRESSED?
Get our FREE 7 Day Stress-Less Challenge when you subscribe to our newsletter!
We respect your privacy. Your email address will not be sold or shared with anyone else.
Powered by Optin Forms
Sharing is caring
Facebook
Facebook
Pinterest
Pinterest
INSTAGRAM
GOOGLE
http://www.mommakingmemories.com/10-interessante-feite-oor-papegaaie/

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

CommentLuv badge